Wat lees ek: bladsy 123

Boendoe vra watter boek het ek laas gelees en om ‘n paar sinne aan te haal uit bladsy 123.  Hier gaan ons: 

 “A few minutes later his wife, her head wrapped in a scarf and her plump face beaming with a motherly smile, brought me a steak-sized filet of the freshest, most succulent and crisply fried fish that I had tasted on the barge, or even in my life.  It was garnished with mayonnaise and onions.  I devoured it.  Pleased, Nze watched me eat.” 

Die boek se naam is ‘Facing the Congo’  van Jeffrey Tayler en dit handel oor sy ervaringe tydens sy reis van sowat 1,600 km al af met die Congorivier in ‘n tradisionele boomstamkano.

Tayler was 33 jaar oud toe hy besluit die lewe raak te rustig vir hom en dat dit tyd was om iets besonders aan te pak.  Sy reis met die Congorivier af is vol avontuur, ontberinge en ontmoetings met interessante mense.

Ek hou van die boek:  Dis ‘n eerlike beskrywing van een van Afrika se mees onherbergsame streke en ook van die mense wat hulle bestaan maak op die Congo, op een na die grootste rivierstelsel in die wêreld.

untitled1.jpg

2 Responses to “Wat lees ek: bladsy 123”


  1. 1 boendoe February 14, 2008 at 5:51 am

    Dankie, Kyker! Al drie my ‘tags’ lees boeke wat ek nooit self sou aanskaf nie, maar die 3 reels uit elkeen s’n prikkel my nuuskierigheid. Joune veral tickle my, omdat ek op Afrika en sy donker geheime verlief geraak het.

  2. 2 Jasper February 14, 2008 at 7:15 am

    By die mond van daardie rivier is ‘n lang “pier” wat die see inloop. Die water is so ver as jy kan sien bruin, maar die strand word baie skoon en netjies gehou deur die Franse wat om die riviermonding bly.

    Daar is ook ‘n seekos restaurant op die strand waar jy ‘n kreef kebab (6 dubbel gevoude krewe op ‘n stokkie) wat in die lekkerste sous gebraai word kan koop vir sowat R60

    Ek sal graag jou boek wil lees Kyker…

Leave a Reply