Lindau is ‘n klein eiland in die Bodensee (Lake Constance) in die Bavariaprovinsie van Duitsland. In die geskiedenisboeke is daar reeds in die jaar 882 melding gemaak van ‘n nonneklooster wat hier gevestig is.
Tans beloop die inwonertal sowat 24,000 mense. Toerisme is die hoofbron van inkomste.
Dis inderdaad ‘n pragtige dorpie, met hotelle en restaurante wat styf in die nou straatjies teenmekaar inpas tussen oulike winkels en huisies.
Elke inwoner doen sy deel om Lindau altyd pragtig te laat lyk en tydens die somer pryk daar blomme voor elke venster.
‘n Kenmerk van Lindau is die beskilderde mure van baie van sy geboue. Dit gee die dorpie ‘n unieke karakter.
Die eiland het ‘n klein hawe, kompleet met sy eie vuurtoring. Die ingang word bewaak deur ‘n groot standbeeld van ‘n leeu.
Friedrichshafen is die naaste dorp van hier af en kan binne dertig minute per ferrie bereik word. Dis is die plek waar Zepplin lugskepe, soos die Hindenburg, jare gelede gebou is. Daar is vandag ‘n Zepplinmuseum op die dorp. Mens kan daar by ‘n volskaalse replika van ‘n lugskip gaan inklim en sien hoe die passassierskajuite en eetsaal gelyk het. Dis wonderlik om te sien met hoeveel vernuf die Duitsers destyds alles so lig as moontlik ontwerp het, sonder om aan die estetiese of aan gerief prys te gee.
Die omgewing rondom die Bodensee, met sy wingerde en mooi uitsigte oor die meer, is vir my van die mees skilderagtigste in Duitsland. Inderdaad ‘n lekker plek om te gaan vakansie hou.
• • •







ongefreakinglooflik mooi!!!
Dankie dat jy met ons deel………
Pragtig! Jou foto’s is stunning.
Jinne Kyker, ek geniet jou vertellings van al jou reise en belewings ongelooflik baie!! Foto’s is baie mooi - ek’s mal oor die Duitsers se blomme voor hul vensters!
Dis verskriklik mooi!
Dankie Plattie, WnB, KvK en Jane vir julle kommentaar. Ek moet bieg: Die lugfoto van die eiland het ek van die web afgekry. Dit help egter om mens ‘n gevoel te gee van hoe mooi die plekkie nou eintlik regtig is.
Gedurende die paar dae wat ek daar was, was die weer onverbeterlik. Die son het elke dag geskyn en dit was dus maklik om ‘n foto om elke draai te neem.
Sjoe Kyker…jy neem my telkens op reis saammet jou…die fodies in overbeterlik….ek kom loer graag in om te sien waarheen ons volgende gaan reis…jou vertellings is so eg…
Ai, dis tjoklitboks-mooi prentjies!
Kyker, waar was jy NOG nie gewees nie??
Ek is mal oor die blomme voor die vensters, en die beskilderde gebou. Sou wat wou gee om dit vir myself te kan sien, maar deur jou oë is dit net so mooi!
Dit is ongelooflik mooi…..wens ek kan ook daar gaan vakansie hou!!!
Dankie vir die deel!!
Wat ‘n pragtige dorpie! ‘n Mens kan sien die mense is trots op die plekkie.
Dit is sprokies mooi!!!
Ek het amptelik besluit. Ek word ‘n non, mits ek in daardie dorp se klooster kan gaan woon.
Ek het ‘n paar jaar terug vir ‘n maand of twee in Switserland gewerk. Iemand stel toe voor ek gaan Konstanz toe. Nou Konstanz is op die SBB kaart van Switserland en ek het net aanvaar soos ‘n Amerikaanse toeris dat Konstanz in Switserland was. En daar daag ek in Duitsland op en ek was nie reg daarvoor nie. Ek sou eers die volgende week Duitsland vir die eerste keer in my lewe sien. Vir een of ander rede was ek so boos vir myself! Gelukkig was daar nie passport control nie. Want ek het nie my paspoort by my gehad nie.
Ek was laasweek daar en het toe dadelik aan jou foto’s gedink! Met my eie oë gesien was dit toe inderdaad pragtig!
Hiert Netjane. Ek raak ook nou sommer self weer vooraf lus vir vakansie. Dis nie net Lindau in daardie omgewing wat so mooi is nie, maar ook Friedrichshafen en van die ander klein landelike dorpies. Die Zeppelinmuseum in Friedrichshafen was vir my ook ‘n interessante plek om te besoek.