Herfs

    

 

 

  

 ‘n Ongenaakbaar koue wind

het skielik, onverwags, die laaste goue lower

van jou slanke takke afgestroop, en daarmee saam

die soet onthou van verlede jaar se sagte somer

blaar vir blaar geskep en in die grysheid weggestrooi.

 •    •   

 Weerloos en onbeskut leun jy teen die winterwind

om elke donker nag die greep van ryp en ys

alleen in stille foltering af te weer,

Tot wanneer die vêr en dowwe son

in die nuwe dag tog weer verligting bring.

      •   

Maar die wiel van vier seisoene draai teen sy gemete pas

en met tyd sal daar wel nog vele nuwe somers kom,

wanneer elke boom soos jy van voor af weer gedy.

Dan sal jou trotse hoogte weer langs die pad as merker dien

en jou skadu aan vriend en swerwer ‘n plek van rus voorsien.

     •   

 

11 Responses to “Herfs”


  1. 1 Sjon May 6, 2008 at 5:34 am

    Baie dankie Kyker, dis erg mooi!

    ‘vier seisoene’

    ‘. . . tyd . . .’

    ‘merker’

    ‘jou skadu . . . plek van rus’

    REGTIG BAIE MOOI!

  2. 2 Daizy May 6, 2008 at 6:01 am

    Ai….woorde met baie trefkrag….

  3. 3 Wipneus! May 6, 2008 at 9:27 am

    Baie mooi! 2 keer gelees….

  4. 4 boerinballingskap May 6, 2008 at 1:15 pm

    Ek kan maar net beaam….Baie Mooi!

  5. 5 Zee May 8, 2008 at 6:45 am

    Stunning!

  6. 6 kyker May 8, 2008 at 12:57 pm

    Dankie vir julle almal se kommentaar. Dikwels voel mens magteloos wanneer mens net kan toekyk terwyl iemand naby aan jou seerkry. Maar miskien help woorde van ondersteuning wel tog net so bietjie.

  7. 7 wag-ʼn-bietjie May 14, 2008 at 10:37 am

    Sjoe, dis regtig besonders mooi. Dankie dat jy dit deel.

    En jinne ja, dis niks lekker om toe te kyk hoe geliefdes om jou seerkry nie, mens voel so magteloos . . .

  8. 8 kyker May 20, 2008 at 8:05 am

    Gits. Lekker om jou weer hier te sien Wnb. Dankie vir die inloer. Hoop dis nie die laaste keer nie.

    Sterkte vir jou.

  9. 9 sonkind June 1, 2008 at 6:27 pm

    Hierdie laat my verlang na mense wat ek nie ken nie, veral op hierdie blouer as blou Sondag.

  10. 10 Sequacious June 20, 2008 at 12:30 am

    Somehow i missed the point. Probably lost in translation :) Anyway … nice blog to visit.

    cheers, Sequacious!!

  11. 11 Nikita July 4, 2008 at 5:28 pm

    Tjirts man! Jy is ‘n wonderlike digter!! PRAGTIG!! se moses…

Leave a Reply