Ek lewe ‘n rustelose bestaan en is bevoorreg om baie te kan reis.  Ek probeer om altyd ‘n bietjie tyd af te knyp om foto’s te neem op my pad.  Ongelukkig is daar dikwels nie geleentheid om ook die stories agter elke prentjie te versamel nie. 

Soms sien mens self eers die mooi in dinge raak wanneer jy dit met ander deel.  Jou kommentaar is dus altyd welkom.

 

   

 

 

3 Responses to “Oor myself”


  1. 1 boendoe July 30, 2008 at 8:16 am

    Kyker, dis ‘n mooi foto die. Waar geneem?

  2. 2 kyker July 30, 2008 at 10:34 am

    Boendoe: Ek het die foto in die noorde van Chile geneem. Hierdie pad vat jou weg uit Antofagasta, nie eintlik na ‘n spesifieke bestemming nie. Om jou het jy net die dooie sandvlaktes en hier en daar sien jy soms ‘n glimpsie van die see tussen die berge uitsteek. Ry sewentig kilometer en dan kom jy by ‘n klein visersgemeenskappie uit met die naam van Mejillones. ‘n Paar honderd kilometer verder noord kry jy Iquique. Dis ‘n mooi kusdorp met wye sandstrande.

  3. 3 boendoe August 4, 2008 at 3:32 pm

    Ek het geweet dis Chile! Kyker, om een of ander rede tickle Chile my verskriklik. As daar een plek op aarde is wat ek baie graag sou wou sien, is dit Chile. Jou foto’s en stories maak my amper desperaat!

Leave a Reply